Jeremiah 52:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die vierde maand, op die negende dag van die maand, was die hongersnood hewig in die stad, sodat daar geen brood vir die mense van die land was nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Teen 18 Julie van die elfde jaar wat Sedekia koning was, was die hongersnood in die stad baie erg. Daar was geen kos vir die inwoners nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die vierde maand, op die negende van die maand, toe die hongersnood sterk was in die stad en die mense van die land geen brood gehad het nie, |
| Afrikaans 1983 | Teen die negende dag van die vierde maand was die hongersnood in die stad so erg dat daar nie meer kos vir die bevolking was nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen die negende dag van die vierde maand, toe die hongersnood in die stad baie erg was, en daar nie meer kos was vir die volk van die land nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die vierde maand van daardie jaar, op die negende dag van die maand, was die mense in die stad baie honger. Daar was nie meer kos vir die mense van die land nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen die agtiende Julie van dieselfde jaar was daar ’n krisis in die stad. Daar was niks meer kos vir die mense in Jerusalem en in die land nie. |