Jeremiah 52:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur in die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende dag van die maand, het Nebukadrésar, die koning van Babel, met sy hele leër teen Jerusalem gekom en daarteen opgeslaan en forte gebou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op 15 Januarie, in die negende jaar wat Sedekia koning was, het koning Nebukadnesar van Babel met sy hele leër teen Jerusalem opgetrek. Hulle het die stad omsingel en oral rondom die stad beleëringswalle gebou. |
| Afrikaans 1933/1953 | en in die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het Nebukadr,sar, die koning van Babel, teen Jerusalem gekom, hy en sy hele leër, en hulle het daarteen laer opgeslaan en daarteen skanse rondom gebou. |
| Afrikaans 1983 | en in die negende regeringsjaar van Sedekia, op die tiende van die tiende maand, het koning Nebukadnesar van Babel met sy hele leër met 'n aanval op Jerusalem begin. Hy het kamp opgeslaan by die stad en 'n beleëringswal rondom die stad gebou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die negende jaar van Sedekia se regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het Nebukadresar, die koning van Babilonië, by Jerusalem aangekom, hy met sy hele leër, en dit beleër. Hy het beleëringswerke reg rondom die stad opgerig, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en koning Nebukadnesar van Babel het oorlog kom maak teen Jerusalem, hy en sy soldate. Dit was in die negende jaar nadat Sedekia koning geword het, op die tiende dag van die tiende maand. Die soldate van Babel het tente opgeslaan en 'n grondwal gebou rondom die stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die vyftiende Januarie, in die negende jaar dat Sedekia koning van Juda was, het koning Nebukadnesar met sy hele leër teen Jerusalem opgetrek. Die soldate het die stad omsingel en hulle oral rondom die stad ingegrawe. |