Jeremiah 52:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En vir sy dieet is daar 'n voortdurende maaltyd aan hom gegee van die koning van Babel, elke dag 'n deel tot die dag van sy dood, al die dae van sy lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning van Babel het ook vir Jojagin ’n gereelde toelaag gegee. Dit was om in sy daaglikse behoeftes te voorsien. Hy sou dit kry so lank as wat hy lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En aangaande sy lewensonderhoud, 'n vaste lewensonderhoud is hom toegestaan deur die koning van Babel, na die eis van elke dag, tot die dag van sy dood toe, al die dae van sy lewe. |
| Afrikaans 1983 | en Jojagin het tot sy dood toe van die koning van Babel 'n permanente toelae ontvang vir sy daaglikse behoeftes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En sy lewensonderhoud – 'n vaste lewensonderhoud – is deur die koning van Babilonië aan hom gegee, soveel as wat hy elke dag nodig gehad het, tot die dag van sy dood, al sy lewensdae. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het elke dag kos en klere van die koning gekry, soveel soos hy nodig gehad het totdat hy gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning van Babel het ook vir Jojagin ’n gereelde toelaag gegee. Dit was om hom te help om te betaal vir wat hy elke dag nodig gehad het. Hy sou dit kry so lank as wat hy leef. |