Jeremiah 52:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het sy tronkklere verander, en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet al die dae van sy lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Jojagin is ook toegelaat om nie langer sy tronkklere te dra nie. Hy is ook toegelaat om vir die res van sy lewe saam met die koning te eet.
Afrikaans 1933/1953 En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe.
Afrikaans 1983 Jojagin kon sy tronkklere uittrek en het so lank hy gelewe het, aan die koning se tafel geëet
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sy gevangenisklere vervang. Hy het altyd, solank hy geleef het, aan die koning se tafel geëet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jojagin kon sy tronk-klere uittrek en hy kon by die koning van Babel se tafel eet totdat hy gesterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jojagin hoef ook nie meer sy tronkklere te gedra het nie. Hy is ook toegelaat om vir die res van sy lewe saam met die koning te eet.