Jeremiah 52:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die vyf en twintigste dag van die maand, dat Evilmerodak, die koning van Babel, in die eerste jaar van sy regering die hoof van Jojagin, die koning van Juda, en hom uit die gevangenis uitgelei, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die 37ste jaar van koning Jojagin se ballingskap in Babel, het Ewil-Merodak koning in Babel geword. Hy was Jojagin goedgesind en het hom uit die tronk vrygelaat. Dit het gebeur op 31 Maart van daardie jaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jojagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die vyf en twintigste van die maand, het Evil-Merodag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging die hoof van Jojagin, die koning van Juda, verhef en hom uit die gevangenis uitgebring. |
| Afrikaans 1983 | In die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van koning Jojagin van Juda, op die vyf en twintigste van die twaalfde maand, het Ewil-Merodak wat pas koning van Babel geword het, vir koning Jojagin van Juda uit die gevangenis vrygelaat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die sewe-en-dertigste jaar van die ballingskap van Jojagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die vyf-en-twintigste van die maand, het Ewil-Merodag, die koning van Babilonië, in die jaar toe hy koning geword het, aan Jojagin, koning van Juda, 'n weldaad bewys en hom uit die gevangenis vrygelaat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Ewil-Merodak het besluit om goed te wees vir koning Jojagin. Dit was in die sewe-en-dertigste jaar nadat koning Jojagin van Juda 'n gevangene geword het in Babel, in die eerste jaar nadat Ewil-Merodak koning van Babel geword het, in die twaalfde maand, op die vyf-en-twintigste dag van die maand. Koning Ewil-Merodak het toe vir koning Jojagin uit die tronk laat kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die 37ste jaar dat koning Jojagin ’n gevangene in Babel was, het Ewil-Merodak die nuwe koning in Babel geword. Hy was Jojagin goedgesind en het hom uit die tronk laat kom. Dit het gebeur op die 31ste Maart 561 v.C. |