Jeremiah 52:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die drie-en-twintigste jaar van Nebukadrésar het Nebusaradan, die owerste van die lyfwag, sewe honderd vyf en veertig mense in ballingskap weggevoer onder die Jode; al die persone was vierduisend ses honderd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In Nebukadnesar se 23ste jaar as koning het hy Nebusaradan, die hoof van sy lyfwag, na Juda gestuur. Hy het nog 745 Judeërs in ballingskap geneem. Altesaam is 4 600 mense gevange geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | in die drie en twintigste jaar van Nebukadr,sar het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, van die Jode sewe honderd vyf en veertig siele in ballingskap weggevoer. Al die siele is vier duisend ses honderd. |
| Afrikaans 1983 | in die drie en twintigste jaar: 745 Judeërs, weggevoer deur die hoof van die lyfwag Nebusaradan. Dit was altesaam 4 600 mense. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die drie-en-twintigste regeringsjaar van Nebukadresar het Nebusaradan, die aanvoerder van die lyfwag, 745 Judeërs weggevoer. Al die persone saam was 4 600. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en in die drie-en-twintigste jaar nadat Nebukadnesar koning geword het, het die hoof-offisier Nebusaradan 745 Judeërs weggevat. Dit was almal saam 4 600 mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In sy 23ste jaar as koning het hy Nebusaradan, die hoof van sy lyfwag, na Juda gestuur. Hy het nog 745 mense weggevat. In totaal is 4 600 mense gevange geneem. |