Jeremiah 52:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die volk wat Nebukadrésar in ballingskap weggevoer het: in die sewende jaar drieduisend Jode en drie-en-twintig;
Afrikaans (NLV) 2011 In totaal was die hoeveelheid mense wat as gevangenes na Babel weggevoer is, die volgende: In die sewende regeringsjaar van koning Nebukadnesar, 3 023 Jode.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die mense wat Nebukadr,sar in ballingskap weggevoer het: in die sewende jaar, drie duisend drie en twintig Jode;
Afrikaans 1983 Die getal mense wat deur Nebukadnesar weggevoer is, is soos volg: in die sewende jaar: 3 023 Judeërs,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die getal mense wat deur Nebukadresar weggevoer is: in die sewende jaar 3 023 Judeërs,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nebukadnesar het baie mense laat vang en laat wegvat: 3 023 Judeërs in die sewende jaar,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In totaal was die aantal mense wat as gevangenes na Babel weggevat is, die volgende: 3 023 Jode in die sewende jaar dat Nebukadnesar koning was.