Jeremiah 52:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Babel het hulle verslaan en hulle gedood in Ribla, in die land Hamat. So is Juda in ballingskap uit sy eie land weggevoer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning van Babel het hulle almal daar in Ribla in die Hamatgebied doodgemaak. So is die mense van Juda uit hulle land in ballingskap weggevoer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning van Babel het hulle neergeslaan en hulle gedood in Ribla, in die land Hamat. So is dan Juda uit sy land in ballingskap weggevoer. |
| Afrikaans 1983 | Die koning van Babel het hulle laat doodmaak daar in Ribla, in Hamat. So is Juda dan uit sy land uit weggevoer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Babilonië het hulle in Ribla, in die land Hamat, neergevel en doodgemaak. So is Juda van sy grond af in ballingskap weggevoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Babel het hulle laat doodmaak in Ribla, in die land Hamat. Hy het ander Judeërs laat wegvat uit hulle land en hy het hulle na Babel gestuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning van Babel het hulle almal daar in Ribla in die Hamatgebied laat doodmaak. So is die mense van Juda gevange geneem. Hulle is uit hulle land weggevat en na ’n vreemde land gebring. |