Jeremiah 52:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die owerste van die lyfwag het Serája, die hoofpriester, en Sefanja, die tweede priester, en die drie deurwagters geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nebusaradan het die hoëpriester Seraja, asook die priester tweede in rang, Sefanja, saam met hom geneem. Hy het ook drie van die deurwagte saamgeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het die owerste van die lyfwag Ser ja, die hoofpriester, geneem, en Sef nja, die tweede priester, en die drie drumpelwagters. |
| Afrikaans 1983 | Die hoof van die lyfwag het die hoëpriester Seraja, die priester tweede in rang, Sefanja, en die drie drumpelwagte gevange saamgevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die aanvoerder van die lyfwag het die hoëpriester Seraja, Sefanja, die priester tweede in rang, en die drie deurwagters geneem, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoof-offisier het die hoëpriester Seraja gevang en ook die tweede priester en die drie drumpelwagte. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nebusaradan het vir Seraja, die hoëpriester, asook Sefanja, wat naas hom die belangrikste priester was, gevang en saam met hom gevat. Hy het ook drie van die wagte gevang wat die ingange van die tempel opgepas het. |