Jeremiah 52:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was ses en negentig granaatjies aan die een kant; en al die granate op die vlegwerk was honderd rondom.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan die kante was daar 96 granate. As dié in die vlegwerk bo bygetel word, was dit altesaam 100 granate.
Afrikaans 1933/1953 En van die granaatjies was ses en negentig sigbaar; al die granaatjies was honderd op die vlegwerk rondom.
Afrikaans 1983 Daar was ses en negentig granate sigbaar, maar daar was altesaam honderd granate rondom aan die rooster.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was ses-en-negentig granate aan die kante. Die granate op die vlegwerk rondom was altesaam een honderd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 100 granate, maar 'n mens kon net 96 sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan die kante was daar 96 granate en as die in die vlegwerk bo bygetel word, in totaal 100 granate.