Jeremiah 52:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n kapiteel van koper was daarop; en die hoogte van een kapiteel was vyf el, met vlegwerk en granate aan die kapitein rondom, alles van koper. Ook die tweede pilaar en die granate was soos hierdie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koperkopstuk bo-op elkeen van hierdie pilare was twee en ’n half meter hoog. Die kopstuk was reg rondom versier met koperafbeeldings van granate. Die tweede pilaar het net so gelyk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van een kapiteel was vyf el, met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met granaatjies. |
| Afrikaans 1983 | Die bronskapiteel bo-op was twee en 'n half meter hoog. Die rooster met die granate om die kapiteel was heeltemal van brons. Die ander pilaar met die granate was net so. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was 'n bronskapiteel bo-op, en die hoogte van een kapiteel was vyf el, met vlegwerk en granate op die kapiteel reg rondom, alles van brons. Dieselfde geld vir die tweede pilaar met sy granate. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Bo-op elke pilaar was 'n kopstuk van brons, dit was vyf el hoog. Daar was granate van brons rondom elke kopstuk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koperkopstuk bo-op elkeen van hierdie pilare was ongeveer twee en ’n half meter hoog. Die kopstuk was reg rondom versier met koperafbeeldings van granate. Die tweede pilaar het presies net so gelyk. |