Jeremiah 52:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die twee pilare, een see, en twaalf koper bulle wat onder die voetstukke was wat koning Salomo in die huis van die HERE gemaak het: die koper van al hierdie voorwerpe was sonder gewig.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die kopervoorwerpe was so swaar dat dit nie geweeg kon word nie. Dit was voorwerpe wat koning Salomo destyds vir die tempel laat maak het. Dit was die twee koperpilare, die koperbad, die twaalf bulle onder hierdie bad en die voetstukke van die wasbakke.
Afrikaans 1933/1953 die twee pilare, die een see en die twaalf koperbeeste daaronder; die afspoelwaentjies wat koning Salomo vir die huis van die HERE gemaak het -- die koper van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie.
Afrikaans 1983 Die brons van die twee pilare, van die waterbak met die twaalf beeste onder, en van die waentjies wat koning Salomo gemaak het vir die huis van die Here was soveel dat dit nie geweeg kon word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat betref die twee pilare, die een See en die twaalf bronsbeeste daaronder, die verskuifbare staanders wat koning Salomo vir die huis van die Here gemaak het – die brons van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die twee pilare en die groot waterbak en die twaalf beeste onder die waterbak, en die waentjies wat koning Salomo vir die tempel laat maak het, was so swaar dat 'n mens dit nie kon weeg nie. Al hierdie goed was van brons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van die kopergoed was te swaar om te beweeg. Dit was van die goed wat koning Salomo destyds vir die tempel laat maak het. Dit was goed soos die twee koperpilare, die koperbad, die twaalf bulle onder hierdie bad en die voetstukke van die wasbakke.