Jeremiah 52:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die komme en die vuurpanne en die komme en die panne en die kandelaars en die eetlepels en die bekers; wat van goud in goud was en wat van silwer in silwer was, het die owerste van die lyfwag weggeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook die kleiner bakke, vuurpanne, potte, kandelare, komme en bakke vir die drankoffers gevat. Die kaptein van die lyfwag het al die voorwerpe van silwer of goud saamgeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die owerste van die lyfwag het weggeneem die skottels en die vuurpanne en die komme en die potte en die kandelaars en die rookpanne en die bekers -- wat van pure goud en wat van pure silwer was; |
| Afrikaans 1983 | Die hoof van die lyfwag het die bakke, die vuurpanne, die komme vir besprinkeling, die potte, die kandelare, die panne, die offerkomme, alles wat goud of silwer was, buitgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bakke, die vuurpanne, die offerbakke, die potte, die kandelare, die skottels en die komme, wat van suiwer goud en suiwer silwer was, het die aanvoerder van die lyfwag gevat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoof-offisier het ook die bekers, die emmers, die bakke, die potte en die lampe gevat, alles wat van goud en silwer was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nebusaradan het ook die kleiner bakkies, potte en bekers gevat wat hulle vir die drinkoffers gebruik het. Al die voorwerpe was van silwer of goud gemaak. |