Jeremiah 52:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook het die panne en die skoppe en die snuiters en die komme en die lepels en al die kopervoorwerpe waarmee hulle gedien het, dit weggeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook van die ander kopervoorwerpe in die tempel saamgevat — die potte, grawe, messe, komme en reukwerkbakke. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het hulle weggeneem die potte en die skoppe en die messe en die komme en die rookpanne en al die kopergereedskap waarmee die diens verrig is. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die potte, die skoppe, die skêre, die komme vir besprinkeling en die panne saamgevat, en al die ander bronsgoed wat in die tempeldiens gebruik is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die potte, skoppies, messe, offerbakke, skottels, en al die bronsgereedskap waarmee die tempeldiens verrig is, het hulle gevat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het ook die potte, die grawe en die messe, die bakke en al die goed van brons gevat. Dit was die goed wat die priesters by die tempel gebruik het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ook van die ander voorwerpe saamgevat wat in die tempel gebruik is. Dit het ingesluit potte, grawe, messe en die bakke waarop hulle wierook gebrand het. Verder ook die panne waarin hulle die kole vir die offers geskep het. |