Jeremiah 52:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook die koperpilare wat in die huis van die HERE was, en die afspoelwaentjies en die kopersee wat in die huis van die HERE was, het die Chaldeërs gebreek en al die koper daarvan na Babel geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Babiloniërs het die koperpilare in die tempel afgebreek en ook die voetstukke waarop die koperwasbakke gestaan het. Hulle het dieselfde gedoen met die groot koperbad. Hulle het al hierdie koper na Babel toe weggedra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het die Chaldeërs die koperpilare wat in die huis van die HERE was, en die afspoelwaentjies en die kopersee wat in die huis van die HERE was, stukkend gebreek en al die koper daarvan na Babel weggevoer. |
| Afrikaans 1983 | Die Galdeërs het die bronspilare, die waentjies en die bronswaterbak wat by die huis van die Here was, stukkend geslaan en al die brons na Babel toe gevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bronspilare wat in die huis van die Here was, die verskuifbare staanders, asook die bronssee wat in die huis van die Here was, het die Galdeërs stukkend gebreek, en al die brons na Babel weggedra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Galdeërs het die brons-pilare en die waentjies en die groot waterbak wat by die tempel was, stukkend geslaan en hulle het al die brons weggevat na Babel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Babiloniërs het ook die koper gevat wat in die tempel was. Hulle het die koperpilare afgebreek en ook die voetstukke waarop die koperwasbakke gestaan het. Hulle het dieselfde gedoen met die groot koperbad. Al hierdie koper het hulle Babel toe weggedra. |