Jeremiah 52:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Nebusaradan, die owerste van die lyfwag, sommige van die armes van die volk en die oorblyfsel van die volk wat in die stad oorgebly het, en die wat weggeval het, wat aan die koning van Babel geval het, en die res van die skare as gevangenes weggevoer.
Afrikaans (NLV) 2011 Nebusaradan, kaptein van die Babiloniese koning se lyfwag, het toe van die armste mense na Babel weggevoer. Hy het ook die mense wat nog in die stad agtergebly het in ballingskap na Babel geneem, saam met al die vakmanne en mense wat na koning Nebukadnesar oorgeloop het.
Afrikaans 1933/1953 En uit die armes van die volk en die deel van die volk wat nog in die stad oor was, en die oorlopers wat na die koning van Babel oorgeloop het -- die oorblyfsel van die menigte, het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer.
Afrikaans 1983 Party van die armste mense, en verder die mense wat in die stad oor was, ook dié wat na die koning van Babel toe oorgeloop het, en die ambagsmanne wat oor was, is gevange weggevoer deur Nebusaradan, die hoof van die lyfwag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sommige van die armes van die volk en die res van die volk wat in die stad oorgebly het, asook die drosters wat na die koning van Babilonië oorgeloop het, en die res van die vakmanne, is deur Nebusaradan, die aanvoerder van die lyfwag, in ballingskap weggevoer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-offisier Nebusaradan het party van die arm mense weggevat en ook die mense wat nog in die stad was. Hy het ook die mense gevang en weggevat wat self besluit het om na die koning van Babel toe te gaan. Hulle was die mense wat oorgebly het van al die baie mense in die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nebusaradan, die hoof van die lyfwag van die koning van Babel, het toe van die armste van die mense na Babel toe weggevat. Hy het ook die mense wat nog in die stad oor was en dié wat na koning Nebukadnesar oorgeloop het, na Babel toe geneem. Laastens het hy ook die mense wat die een of ander vaardigheid of vakmanskap gehad het, gevang en na Babel toe gevat.