Jeremiah 52:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die vyfde maand, op die tiende dag van die maand, dit was die negentiende jaar van Nebukadrésar, die koning van Babel, het Nebusaradan, owerste van die lyfwag, wat die koning van Babel gedien het, in Jerusalem gekom;
Afrikaans (NLV) 2011 Op 17 Augustus, in die negentiende regeringsjaar van Nebukadnesar van Babel, het Nebusaradan in Jerusalem aangekom. Hy was kaptein van koning Nebukadnesar se lyfwag.
Afrikaans 1933/1953 En in die vyfde maand, op die tiende van die maand -- dit was die negentiende jaar van koning Nebukadr,sar, die koning van Babel -- het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, wat voor die koning van Babel gestaan het, in Jerusalem gekom;
Afrikaans 1983 In die vyfde maand, op die tiende van die maand, in die negentiende regeringsjaar van koning Nebukadnesar van Babel, het Nebusaradan by Jerusalem aangekom. Hy was hoof van die lyfwag en in die persoonlike diens van die koning van Babel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die vyfde maand, op die tiende van die maand – dit was in die negentiende regeringsjaar van koning Nebukadresar, die koning van Babilonië – het Nebusaradan, die •aanvoerder van die lyfwag, wat in diens van die koning van Babilonië gestaan het, in Jerusalem aangekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nebusaradan, die hoof-offisier van die koning van Babel, het gekom in die vyfde maand, op die tiende dag van die maand, in die negentiende jaar nadat Nebukadnesar koning van Babel geword het. Hy het in Jerusalem kom doen wat die koning van Babel vir hom gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op sewentien Augustus 586 v.C. het Nebusaradan in Jerusalem aangekom. Hy was die hoof van die lyfwag van koning Nebukadnesar van Babel. Dit was die negentiende jaar dat Nebukadnesar koning was.