Jeremiah 52:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning van Babel het die seuns van Sedekía voor sy oë gedood; hy het ook al die vorste van Juda in Ribla gedood.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning van Babel het Sedekia se seuns voor hom doodgemaak asook al die ander leiers van Juda.
Afrikaans 1933/1953 En die koning van Babel het die seuns van Sedek¡a voor sy oë gedood. En hy het ook al die vorste van Juda in Ribla gedood.
Afrikaans 1983 en toe sy seuns voor sy oë laat doodmaak. Hy het ook al die Judese amptenare laat doodmaak daar in Ribla,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Babilonië het die seuns van Sedekia voor sy oë tereggestel. Ook al die •hoë amptenare van Juda het hy in Ribla tereggestel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het Sedekia se seuns en ook die amptenare van Juda laat doodmaak in Ribla. Sedekia moes kyk terwyl hulle dit gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar by Ribla het die koning van Babel Sedekia se twee seuns voor hom doodgemaak. Hulle het ook van die ander leiers van Juda daar doodgemaak.