Jeremiah 52:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sedekia was een en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer. En die naam van sy moeder was Hamutal, die dogter van Jeremia, uit Libna.
Afrikaans (NLV) 2011 Sedekia was 21 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het elf jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma se naam was Gamutal, ’n dogter van Jeremia, uit Libna afkomstig.
Afrikaans 1933/1953 Sedek¡a was een en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamutal, 'n dogter van Jeremia uit Libna.
Afrikaans 1983 Sedekia was een en twintig toe hy koning geword het en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Gamutal, 'n dogter van Jeremia, uit Libna.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sedekia was een-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Gamutal, dogter van Jeremia, uit Libna.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sedekia was 21 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 11 jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Gamutal dogter van Jeremia, van die stad Libna.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sedekia was 21 jaar oud toe hy koning geword het. Hy was elf jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma se naam was Gamutal. Sy was die dogter van Jeremia wat van Libna af gekom het.