Jeremiah 51:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons sou Babel genees het, maar sy het nie genees nie; verlaat haar, en laat ons elkeen na sy eie land gaan, want haar oordeel reik tot aan die hemel en verhef tot aan die hemel.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons sou die stad help as ons kon, maar niks kan Babel nou meer genees nie. Vergeet van die stad! Laat elkeen na sy eie land teruggaan! Die oordeel oor die stad reik tot by die hemel, styg tot by die wolke.
Afrikaans 1933/1953 Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie; verlaat hom en laat ons trek, elkeen na sy land; want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die wolke.
Afrikaans 1983 Ons het Babel gedokter, maar hy het nie gesond geword nie. Gee pad uit hom, kom ons gaan elkeen na sy land toe, want die straf wat hom tref, strek tot aan die hemel, reik tot by die wolke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ons wou Babel gesond maak, maar sy kan nie genees word nie. Verlaat haar! Kom ons gaan elkeen na sy eie land; want tot aan die hemel reik die oordeel oor haar, en tot aan die wolke strek dit.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sê: “Ons het vir die mense van Babel medisyne gegee, maar hulle het nie gesond geword nie.” Julle moet uitgaan uit die stad, elkeen moet na sy land gaan, want God sal Babel oordeel, Babel se straf is groot, dit raak tot aan die hemel, dit is so hoog soos die wolke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons sou die stad gehelp het as ons kon, maar niks kan Babel nou meer red nie. Kom weg uit die stad! Gee pad uit Babel! Laat elke mens na sy eie land toe teruggaan. Wat met Babel gaan gebeur, is nou in die Here se hande. Hy sal besluit wat om te doen.