Jeremiah 51:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Babilon het skielik geval en verwoes; huil oor haar; neem balsem vir haar pyn, as dit so is, kan sy gesond word.
Afrikaans (NLV) 2011 Skielik het Babel nou ook geval en is verwoes. Huil oor die stad! Gee vir haar medisyne, miskien is daar genesing.
Afrikaans 1933/1953 Skielik het Babel geval en is verbreek. Huil oor hom; gaan haal balsem vir sy pyn! Miskien sal hy gesond word.
Afrikaans 1983 Babel kom skielik tot 'n val, hy stort ineen! Huil oor hom, gaan haal balsem vir sy wonde, miskien word hy gesond!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onverwags kom Babel tot 'n val, stort sy ineen. Huil oor haar, kry balsem vir haar pyn! Miskien kan sy genees word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe het Babel skielik geval en gebreek. Julle moet huil oor die mense van die stad, julle moet balsem bring vir die pyn, miskien word hulle gesond.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar iets snaaks het gebeur. Skielik het Babel nou ook geval. Dis verwoes. Huil oor die stad! Gee vir haar medisyne vir al die pyn wat sy het. Wie weet, miskien kan die stad weer gesond word.