Jeremiah 51:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Babilon was 'n goue beker in die hand van die HERE wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom is die nasies mal.
Afrikaans (NLV) 2011 Babel is ’n goue beker in die Here se hande. Die hele wêreld drink daaruit en word dronk. Die nasies drink van die wyn en verloor hulle verstand.
Afrikaans 1933/1953 Babel was in die hand van die HERE 'n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword.
Afrikaans 1983 Babel was 'n goue beker in die hand van die Here, 'n beker wat die hele wêreld dronk laat word het: die nasies het van sy wyn gedrink en daarvan mal geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Babel was 'n goue beker in die hand van die Here, 'n beker wat die hele wêreld dronk gemaak het. Van haar wyn het die nasies gedrink; daarom het die nasies waansinnig geraak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Babel was 'n goue beker in die hand van die Here en die wyn in die beker het al die mense op die aarde dronk laat word. Die mense het van die wyn gedrink, en hulle het mal geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here gaan Babel gebruik om die nasies te straf. Babel is soos ’n goue beker in die Here se hande. Al die nasies van die wêreld sal van die wyn in die beker drink en dronk word. Hulle sal mal word van die wyn wat hulle gedrink het.