Jeremiah 51:62 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet jy sê: o HERE, U het teen hierdie plek gespreek om dit uit te roei, dat niemand daarin sal oorbly nie, geen mens of dier nie, maar dat dit vir ewig 'n wildernis sal wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan moet jy sê: ‘Here, U het gesê U gaan hierdie stad verwoes. Geen mens of dier sal meer hier wees nie. Die stad sal vir altyd leeg en verlate bly.’
Afrikaans 1933/1953 en sê: o HERE, U het oor hierdie plek gespreek om dit uit te roei, sodat daar geen inwoner, mens sowel as dier, sal wees nie, maar dat dit ewige wildernisse sal wees.
Afrikaans 1983 en sê: ‘Here, U het van hierdie plek gesê dat U hom so sal verwoes dat geen mens of dier weer in hom sal woon nie en dat hy altyd verlate sal wees.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sê, ‘ Here, U het self oor hierdie plek gesê dat U dit sal vernietig, sodat daar nie meer inwoners sal wees nie, nie mens of dier nie, maar dat dit vir altyd 'n woesteny sal wees.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en dan moet jy sê: ‘Here, U het gesê U wil hierdie plek verwoes sodat niemand hier sal woon nie, nie 'n mens of 'n dier nie. U het ook gesê dat die stad altyd leeg sal wees.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet sê: ‘Here, U het gesê dat U hierdie stad so erg gaan verwoes dat geen mens of dier meer hier sal bly nie. Die stad sal vir altyd so leeg en verlate bly.’