Jeremiah 51:60 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jeremia het toe al die onheil wat oor Babel sou kom, in 'n boek geskryf, al hierdie woorde wat oor Babel geskryf is.
Afrikaans (NLV) 2011 Jeremia het al die rampe wat Babel gou sou tref op ’n boekrol geskryf.
Afrikaans 1933/1953 En Jeremia het in 'n boek geskrywe al die onheil wat oor Babel sou kom, al hierdie woorde wat oor Babel geskrywe is.
Afrikaans 1983 en Jeremia het al die onheil wat Babel sou tref, alles wat oor Babel neergeskryf was, in een boekrol opgeskryf
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jeremia het al die onheil wat Babel sou tref, al hierdie woorde wat oor Babel geskryf is, in een •boekrol neergeskryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia het al die slegte dinge wat met Babel sal gebeur, in 'n boek geskryf, alles wat hier oor Babel geskryf is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jeremia het al die rampe en ellendes wat Babel sou tref, in ’n boek opgeskryf.