Jeremiah 51:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy siel; want dit is die tyd van die wraak van die HERE; hy sal haar 'n vergelding gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Vlug uit Babel! Red julleself! Moenie dat Babel se sonde julle vernietig nie! Dit is die tyd van die Here se wraak, Hy gaan die stad nou terugbetaal.
Afrikaans 1933/1953 Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die HERE: Hy gee hom sy verdiende loon.
Afrikaans 1983 Vlug uit Babel uit, red julleself, moenie deur sy sonde omkom nie! Die tyd is daar dat die Here Hom wreek, dat Hy Babel sy verdiende loon laat kry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vlug weg uit Babel, laat elkeen sy eie lewe red! Sorg dat julle nie omkom weens haar sondeskuld nie. Want dit is 'n tyd van wraak vir die Here; ooreenkomstig wat sy verdien, reken Hy met haar af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet vlug uit Babel, elkeen moet sy eie lewe red. Julle moenie daar bly wanneer die Here hulle straf oor hulle sonde nie, want dit is nou die tyd dat die Here hulle wil straf oor wat hulle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Vlug uit Babel uit! Red julleself! Sorg dat julle nie julle lewe verloor as Babel gestraf word nie. Dit is nou die tyd dat Ek besluit het om wraak te neem. Ek gaan die stad nou terugbetaal vir alles wat hulle teen My gedoen het.