Jeremiah 51:59 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die woord wat die profeet Jeremia aan Seraja, die seun van Nería, die seun van Maäséja, beveel het toe hy saam met Sedekia, die koning van Juda, na Babel gegaan het in die vierde jaar van sy regering. En hierdie Seraja was 'n stil prins. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die profeet Jeremia het ’n opdrag saam met Seraja na Babel toe gestuur. Seraja was die seun van Nerija en kleinseun van Magseja. Hy het saam met koning Sedekia na Babel toe gereis. Seraja was verantwoordelik vir die reisreëlings. Dit was in die vierde jaar wat koning Sedekia oor Juda regeer het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die woord waarmee die profeet Jeremia bevel gegee het aan Ser ja, die seun van Ner¡a, die seun van Mags,ja, toe hy saam met Sedek¡a, die koning van Juda, na Babel getrek het, in die vierde jaar van sy regering. En Ser ja was laerkommandant. |
| Afrikaans 1983 | Die opdrag wat die profeet Jeremia aan Seraja seun van Nerija, seun van Magseja, gegee het toe hy saam met koning Sedekia van Juda in sy vierde regeringsjaar na Babel toe vertrek het; Seraja was kwartiermeester, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die saak wat die profeet Jeremia aan Seraja, seun van Nerija, seun van Magseja, opgedra het, toe hy saam met Sedekia, koning van Juda, in die vierde jaar van sy koningskap, na Babel gegaan het. Seraja was kwartiermeester. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Seraja seun van Nerija seun van Magseja het saam met koning Sedekia van Juda na Babel gegaan. Dit was in die vierde jaar nadat Sedekia koning geword het. Seraja moes sorg dat die koning slaapplek het langs die pad. Die profeet Jeremia het vir Seraja gesê wat hy moet doen wanneer hy in Babel kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jeremia was ’n profeet van die Here. Hy het ’n boodskap saam met Seraja na Babel toe gestuur. Seraja was die seun van Nerija en kleinseun van Magseja. Hy het saam met koning Sedekia na Babel gery en was verantwoordelik vir die reisreëlings. Dit was in die vierde jaar dat Sedekia koning van Juda was. |