Jeremiah 51:58 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE van die leërskare: Die breë mure van Babel sal heeltemal verbreek word, en sy hoë poorte sal met vuur verbrand word; en die volk sal tevergeefs arbei en die volk in die vuur, en hulle sal moeg word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, sê ook: “Babel se mure is baie dik, maar sal gelykgemaak word met die grond. Die stadspoorte is baie hoog, maar vuur sal dit verbrand. Baie werkers uit ander lande het vir hulle gewerk, maar dit was tevergeefs. Vuur sal hulle werk verbrand!”
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE van die leërskare: Die breë muur van Babel sal tot op die grond toe afgebreek en sy hoë poorte sal met vuur verbrand word, sodat volke vir niks gearbei het en nasies vir die vuur; en hulle sal afgemat wees.
Afrikaans 1983 So sê die Here die Almagtige: Die dik vestingmuur van Babel sal gesloop word, sy hoë poorte sal afgebrand word: mense het geswoeg vir niks, nasies het hulle afgesloof vir iets wat vir die vuur bestem is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Die dik stadsmuur van Babel sal heeltemal afgebreek word; haar hoë poorte sal afgebrand word. Volke het hulle vermoei vir niks, en nasies vir die vuur; hulle het hulle afgesloof.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, sê: “Die vyande sal die breë muur van Babel heeltemal afbreek en hulle sal sy poorte verbrand. Baie mense het daar baie hard gewerk, maar dit het niks gehelp nie, alles wat hulle gebou het, sal verbrand.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê ook: “Babel se mure is baie dik, maar sal met die grond gelykgemaak word. Die hekke van die stadsingange is baie hoog, maar sal met vuur verbrand word. Hulle het baie mense van ander lande gedwing om vir hulle te werk, maar al hulle werk was verniet. Dit sal met vuur verbrand word.”