Jeremiah 51:57 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal sy vorste en sy wyse manne, sy owerstes en sy owerstes en sy helde dronk maak; en hulle sal 'n ewige slaap slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se Naam die HERE van die leërskare is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek maak die leiers, amptenare, wyse manne, bestuurders, bevelvoerders en soldate dronk. Hulle sal aan die slaap raak en nooit weer wakker word nie!” sê die Koning wie se Naam die Here, die Almagtige, is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal sy vorste en sy wyse manne, sy goewerneurs en sy owerstes en sy helde dronk maak; en hulle sal slaap 'n ewige slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se Naam is HERE van die leërskare. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal sy amptenare, sy raadgewers, sy goewerneurs, sy offisiere, sy soldate dronk laat word, en hulle sal vir altyd aan die slaap raak sonder om wakker te word, sê die Koning. Sy Naam is die Here die Almagtige. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek maak haar bevelvoerders, haar wyses, haar streekgoewerneurs, haar landvoogde en haar helde dronk. Hulle sal 'n ewige slaap ingaan en nie weer wakker word nie,” is die uitspraak van die Koning. Die Here, Heerser oor alle magte, is sy Naam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Koning praat, sy Naam is die Here wat oor alles regeer. Hy sê: “Ek sal die mense van Babel dronk maak, hulle amptenare, hulle wyse mense, hulle goewerneurs, hulle regeerders en hulle soldate, en hulle sal vir altyd aan die slaap raak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is Koning en sterker as alles en almal. Hy sê: “Ek sal die leiers dronk maak. Dit sluit in die senior amptenare, raadgewers, offisiere en soldate. Hulle sal aan die slaap raak en nooit weer wakker word nie.” |