Jeremiah 51:56 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat die verwoester oor haar gekom het, ja, oor Babel, en sy helde gevange geneem is, is elkeen van hulle boë verbreek; want die HERE, die God van die vergoeding, sal gewis vergelde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Vernietiger trek op teen Babel om die stad te verwoes. Hulle vang die soldate en slaan hulle wapens aan stukke. Omdat die Here ’n God is wat regverdig straf, kry hulle wat hulle verdien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want 'n verwoester oorval hom, oorval Babel, en sy helde word gevang, hulle boë word stukkend gebreek; want 'n God van vergelding is die HERE; Hy sal gewis vergelde. |
| Afrikaans 1983 | Ja, daar trek 'n verwoester op teen hom, teen Babel, en sy soldate word gevange geneem, hulle boë stukkend gebreek, want die Here is 'n God wat vergeld, en Hy sal voluit straf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, teen haar, teen Babel, trek 'n verwoester op. Haar helde word gevange geneem, hulle boë word stukkend gebreek; want 'n God van vergelding is die Here – Hy sal ten volle vergeld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, daar kom vyande oor Babel, hulle verwoes alles. Hulle vang die soldate van Babel en breek hulle pyle en boë, want die Here is 'n God wat straf, en Hy sal straf, dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Vyand trek teen Babel op om die stad te verwoes. Hulle sal die soldate gevange neem en hulle wapens stukkend slaan. Die Here sorg dat mense die straf kry wat hulle verdien. Dit is presies wat Hy besig is om met Babel te doen. Hulle kry die straf wat hulle toekom. |