Jeremiah 51:55 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat die HERE Babel geplunder en die groot stem daaruit vernietig het; wanneer sy golwe dreun soos groot waters, word 'n geluid van hulle stem uitgespreek: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want die Here verwoes Babel. Hy laat die rumoer ophou. Die vyand sal met ’n gedreun teen hulle aanstorm soos ’n groot massa water. Hulle oorlogskrete sal deur die stad klink. |
| Afrikaans 1933/1953 | want die HERE verwoes Babel en sal uit hom die groot geraas laat verdwyn; en hulle golwe sal bruis soos groot waters, die gedruis van hulle geluid sal weergalm. |
| Afrikaans 1983 | want die Here verwoes Babel en maak 'n einde aan sy geraas. Soos groot waters sal die golwe van sy vyande teen hom aangedreun kom en sal hulle krygsgeskreeu weerklink. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die Here gaan Babel verwoes, en die groot rumoer uit haar laat verdwyn. Die vyande se golwe sal dreun soos magtige waters, die geluid van hulle gedruis sal weergalm. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here is besig om Babel te verwoes, Hy wil hulle groot geraas laat ophou. Die vyande kom soos branders teen die stad, branders wat raas en dreun. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is besig om Babel te verwoes. Hy sal die rumoer in die stad laat stil word. Die vyand sal met ’n gedreun teen die stad aanstorm soos die golwe van ’n massa water. Hulle skree oorlogskrete terwyl hulle die stad bestorm. |