Jeremiah 51:53 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al sou Babel na die hemel opstyg en al sou sy die hoogte van sy sterkte versterk, tog van My sal verwoesters oor haar kom, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al reik Babel tot aan die hemel, en al is die torings versterk, nogtans sal die vernietigers teen die stad optrek,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al sou Babel in die hemel opklim, en al sou hy die hoogte van sy vesting versterk -- van My af sal verwoesters oor hom kom, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Al word Babel hemelhoog, al versterk hy sy hoë vestings ook hoe, Ek stuur verwoesters na hom toe, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al sou Babel hemelhoog verrys, al sou sy haar versterkte hoogte ontoeganklik maak, van My af sal verwoesters na haar toe kom,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Babel kan probeer opklim tot in die hemel, hulle kan probeer om baie sterk te wees, maar Ek sal mense laat kom wat die stad sal verwoes.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is so dat Babel so hoog gebou is dat dit amper aan die hemel raak. Die stad se torings is ook sterker gemaak om aanvalle te kan weerstaan. Al is dit so, Ek sal vyande stuur om Babel aan te val. Ek, die Here, sê dit sal so gebeur!” |