Jeremiah 51:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek oordeel aan haar gesnede beelde sal doen, en in haar hele land sal die gewondes kreun.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het geantwoord: “Die tyd kom dat Ek Babel se afgode straf. Gewonde mense sal oral deur die land kreun.
Afrikaans 1933/1953 Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor sy gesnede beelde; en die gewondes sal kerm in sy hele land.
Afrikaans 1983 Daarom kom die tyd, sê die Here, dat Ek met Babel se afgode sal afreken: die gewondes sal kerm dwarsoor sy land.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daarom, kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “dat Ek oor haar afgodsbeelde rekenskap sal eis; dwarsoor haar hele grondgebied sal gewondes kreun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Dit moet julle weet, die tyd sal kom wanneer Ek die gode van Babel sal straf en in die hele land sal die mense wat seergekry het in die oorlog, huil en kla.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het geantwoord: “Die tyd kom dat Ek die beelde wat van die afgode van Babel gemaak is, sal verwoes. Deur die hele land sal die gekreun van gewonde mense ook gehoor word.