Jeremiah 51:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle wat die swaard ontvlug het, gaan weg, staan nie stil nie; dink aan die HERE van ver af, en laat Jerusalem in julle gedagtes opkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle wat die dood vrygespring het, vlug! Moenie staan en talm nie! Al gaan julle na veraf lande, dink aan die Here en aan Jerusalem.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Vrygeraaktes van die swaard, gaan weg, bly nie staan nie, dink aan die HERE uit die verte, en laat Jerusalem in julle hart opkom! |
| Afrikaans 1983 | Julle wat aan die swaard ontkom het, gee pad, moenie staan nie! Dink daar uit die verte aan die Here, hou Jerusalem in gedagte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle wat aan die swaard ontkom het, gaan weg! Moenie bly staan nie! Dink daar in die verte aan die Here! Jerusalem sal in julle harte opkom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle wat vry weggekom het en nie gesterf het nie, julle moet gaan, julle moenie wag nie. Julle is ver van hier in 'n ander land, maar julle moet dink aan die Here, julle moet Jerusalem onthou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle mense van Juda wat die oorlog oorleef het, begin beweeg! Moenie nou staan en talm nie! Julle is miskien nou nog in ’n ver land, maar dink aan My, die Here. Maar droom ook ’n slag ’n bietjie oor Jerusalem waar julle huise is.” |