Jeremiah 51:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Israel en Juda is nie verlaat deur sy God, van die HERE van die leërskare nie; al was hulle land vol sonde teen die Heilige van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want Ek het Israel en Juda nie in die steek gelaat nie. Al is hulle land vol oortredings teen die Heilige van Israel, is Ek steeds hulle God, die Here, die Almagtige.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Israel en Juda is nie in weduweeskap gelaat deur hulle God, deur die HERE van die leërskare nie, al was hulle land vol skuld voor die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Israel en Juda is nie alleen nie, nie sonder sy God, nie sonder die Here die Almagtige nie. Galdeërland het hom vergryp teen die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want Israel en Juda is nie weduwees nie, nie sonder hulle God, sonder die Here, Heerser oor alle magte, nie, maar hulle land was vol skuld voor die Heilige van Israel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want Israel en Juda is nie soos weduwees nie, weduwees wat niemand het om hulle te beskerm nie. Israel en Juda het 'n God. Hy is die Here wat oor alles regeer. Die mense van Galdeër-land het baie verkeerde dinge gedoen, maar die Heilige God van Israel is by Israel en Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is die Here wat sterker is as alles en almal. Ek het Israel en Juda nie in die steek gelaat nie. Ek is steeds hulle God al het hulle oral in die land verkeerde dinge teen My, die God van Israel, gedoen. Daar is niemand soos Ek nie, Ek is volmaak. |