Jeremiah 51:48 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal die hemel en die aarde en alles wat daarin is, jubel oor Babel, want die verwoesters sal na hom toe kom uit die noorde, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hemel en die aarde en alles daarin sal sing van blydskap oor Babel,” sê die Here. “Want die leërs van die verwoestende vyand sal uit die noorde teen Babel optrek.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal oor Babel juig hemel en aarde en alles wat daarin is; want uit die noorde kom die verwoesters oor hom, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Hemel en aarde en alles in hulle sal juig oor Babel se val, want dié wat hom sal verwoes, is aan die kom uit die noorde, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hemel en aarde, alles daarin, sal oor Babel jubel; want uit die noorde kom hulle na haar – die verwoesters,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal in die hemel en op die aarde sal sing oor Babel, want die mense wat die stad sal verwoes, kom uit die noorde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leërs van die gewelddadige vyand sal uit die noorde teen Babel optrek. Wanneer dit gebeur, sal die hemel en die aarde en almal wat daarin is, sing van blydskap oor wat met Babel gebeur.