Jeremiah 51:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, kyk, daar kom dae dat Ek oordeel aan die gesnede beelde van Babel sal doen; en sy hele land sal in die skande staan, en al sy gesneuweldes sal in haar midde val.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk, die tyd kom dat Ek Babel se afgode gaan straf. Die hele land sal in die skande kom en lyke sal oral rondlê.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, kyk, daar kom dae dat Ek besoeking sal doen oor die gesnede beelde van Babel; en sy hele land sal beskaamd staan, en al sy gesneuweldes sal daarin val.
Afrikaans 1983 maar die tyd kom dat Ek afreken met Babel se afgode, dat sy hele land verslaan sal wees, sy dooies oral in hom rondlê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, kyk, daar kom dae wanneer Ek rekenskap sal eis van die afgodsbeelde van Babel; haar hele land sal beskaamd staan, al haar gewondes sal binne-in haar val.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit moet julle weet, die tyd sal kom wanneer Ek die gode van Babel sal straf. Almal in die land sal dan besef dat hulle niks beteken nie wanneer die dooie mense oral in die land lê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die tyd kom dat Ek Babel se afgode gaan straf. Die hele land en sy mense sal verneder word. Dit sal so erg wees dat die lyke sommer oral tussen hulle sal rondlê.