Jeremiah 51:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dat julle hart nie beswyk en julle vrees vir die gerug wat in die land gehoor sal word nie; 'n gerug sal altwee een jaar kom, en daarna in 'n ander jaar sal 'n gerug kom en geweld in die land, heerser teen heerser.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie angstig raak as julle in die land die nuus hoor van magte wat optrek nie. Elke jaar is daar sulke stories in omloop van leiers wat teen mekaar veg.
Afrikaans 1933/1953 En laat julle hart nie week wees, sodat julle bevrees word by die tyding wat in die land gehoor word nie, as daar 'n tyding kom in die een jaar, en daarna 'n tyding in die ander jaar, en daar geweld is in die land, heerser teen heerser.
Afrikaans 1983 Moenie moed verloor en bang word wanneer daar gerugte rondgaan in die land nie: daar kom jaar vir jaar gerugte. Daar sal geweld in die land losbreek, regeerders sal mekaar beveg,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Anders raak julle lafhartig en bang wanneer gerugte in die land gehoor word. Een gerug doen hierdie jaar die rondte, 'n ander een die volgende jaar, ‘Daar is geweld in die land, regeerder teen regeerder!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal dit doen, want Hy wil hê julle moenie bang wees elke maal wanneer julle hoor dat die regeerders oorlog maak teen mekaar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie bang wees en angstig word as julle die eerste nuus in die land hoor van moeilikheid wat kom nie. Elke jaar sal daar sulke stories loop van geweld en van leiers wat teen mekaar baklei.