Jeremiah 51:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My volk, gaan uit haar uit en red elkeen sy siel van die toorngloed van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “My volk, maak dat julle uit Babel wegkom! Vlug vir julle lewens, want die Here se woede gloei!
Afrikaans 1933/1953 Gaan uit hom uit, my volk, en red elkeen sy lewe van die toorngloed van die HERE!
Afrikaans 1983 kom uit hom uit, my volk, red julleself voordat my gloeiende toorn teen hom losbreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Gaan uit haar uit, my volk! Red elkeen van julle sy eie lewe – weg van die brandende toorn van die Here!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My volk, julle moet uitkom. Elkeen moet sy eie lewe red, want die Here is kwaad en Hy wil die mense in Babel straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê vir die mense van Juda: “Maak dat julle wegkom uit Babel! Vlug vir julle lewe! Die Here is baie kwaad en gaan die stad tref.