Jeremiah 51:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal besoeking doen oor Bel in Babel, en Ek sal uit sy mond uitbring wat hy verslind het; en die nasies sal nie meer na hom toe saamvloei nie; ja, die muur van Babel sal val.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal Bel in Babel straf. Ek sal hom laat uitspoeg wat hy ingesluk het. Die nasies sal hom nie langer aanbid nie. Ja, Babel se mure het geval.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal besoeking doen oor Bel in Babel en uit sy mond uithaal wat hy verslind het; en geen nasies sal meer na hom toestroom nie. Ook val die muur van Babel.
Afrikaans 1983 Ek gaan vir Bel straf in Babel, Ek sal hom laat opbring wat hy ingesluk het, en nasies sal nie meer na hom toe stroom as ballinge nie. Babel se mure sal val;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal van Bel rekenskap eis in Babel, en wat hy ingesluk het, uit sy mond uithaal. Na hom sal nasies nie meer stroom nie; selfs Babel se stadsmuur sal val.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal vir Bel straf in Babel, Ek sal alles wat hy ingesluk het, uit sy mond ruk. Volke sal nie meer na Babel gaan nie. Babel se muur sal omval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal Bel, die god van Babel, straf. Ek sal alles terugvat wat hy van ander mense opgeslurp het. Die nasies sal nie meer kom om hom te dien nie. Babel se mure het geval, die stad is nou in die hande van die vyand.”