Jeremiah 51:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sy stede is 'n wildernis, 'n droë land en 'n woestyn, 'n land waarin niemand woon nie, en geen mensekind gaan daar verby nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Babel se stede lê in puin, ’n droë land, ’n woestynland. Niemand woon meer daar, of gaan selfs naby verby nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sy stede het 'n woesteny geword, 'n dor land en 'n wildernis; 'n land waar niemand in woon nie, en waar geen mensekind deurtrek nie. |
| Afrikaans 1983 | Sy stede lê verlate, sy land is 'n dor, droë vlakte; daar woon geen mens nie en niemand gaan daar langs nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Haar stede word 'n woesteny, 'n droë land en 'n dor vlakte, 'n land waarin niemand sal woon nie, en waar geen mens sal deurtrek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande het die stede van Babel verwoes, die land is 'n droë woestyn, daar woon niemand nie, en nie een mens gaan daar verby nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ook die stede rondom Babel is in ’n vreeslike toestand. Die land is droog en lyk soos ’n woestyn. Niemand bly meer in die stede of gaan selfs daar naby verby nie. |