Jeremiah 51:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe is Sesag geneem! en hoe word die lof van die hele aarde verras! hoe het Babilon 'n verbasing geword onder die nasies!
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe verskriklik is die val van Babel, vroeër geprys deur die wêreld! Nou sal Babel afstootlik wees onder die nasies.
Afrikaans 1933/1953 Hoe is Sesag ingeneem en die roem van die hele aarde verower! Hoe het Babel 'n voorwerp van verbasing geword onder die nasies!
Afrikaans 1983 Sesak, so beroemd oor die hele aarde, is verower, is ingeneem! Babel het 'n verlate plek geword in die volkerewêreld!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Hoe word Sjesjag nie ingeneem, die roem van die hele aarde nie verower nie! Hoe word Babel nie 'n skrikbeeld onder die nasies nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal op die aarde het gepraat oor Babel, maar vyande het die stad oorwin en gevat. Al die volke het geskrik oor wat met Babel gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Hoe verskriklik is Babel se val nie! Babel was vroeër op almal se lippe. Die stad wat deur almal in die wêreld geloof is as so wonderlik is deur vyande ingeneem. Nou skok dit ander volke as hulle die toestand sien waarin Babel is.