Jeremiah 51:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In hulle hitte sal Ek hulle feestye maak en hulle dronk maak, sodat hulle bly kan wees en 'n ewige slaap kan slaap en nie wakker word nie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl hulle nog dronk is van die wyn, berei Ek vir hulle ’n ander fees. Ek sal hulle dronk maak sodat hulle vrolik kan raak. Hulle sal aan die slaap raak en nooit weer wakker word nie,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 As hulle verhit is, berei Ek hulle maaltyd en maak hulle dronk, sodat hulle uitgelate word en 'n ewige slaap kan slaap en nie wakker word nie, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 maar terwyl hulle so humeurig is, sit Ek vir hulle 'n feesmaal voor en maak Ek hulle so dronk dat hulle eers jolig raak en dan vir altyd aan die slaap raak sonder om wakker te word, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hulle opgewerk is, sit Ek vir hulle 'n feesmaal voor en maak hulle dronk, sodat hulle uitgelate raak. Hulle sal 'n ewige slaap ingaan en nie weer wakker word nie,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en wanneer hulle baie honger is, dan sal Ek hulle laat eet en drink. Ek sal hulle dronk maak sodat hulle vrolik word, en hulle sal aan die slaap raak en nooit weer wakker word nie.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl hulle nog so warm is van die wyn, sal Ek vir hulle ’n ander fees hou. Ek sal hulle laat drink totdat hulle baie vrolik is en aan die slaap raak. Hulle sal aanhou slaap en nooit weer wakker word nie.