Jeremiah 51:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Babel sal hope word, 'n woonplek vir jakkalse, 'n verbasing en 'n gefluis, sonder inwoner.
Afrikaans (NLV) 2011 Babel sal verander in ’n bouval, ’n lêplek vir jakkalse, ’n plek wat mense met afgryse en veragting vervul. Niemand sal meer daar woon nie.
Afrikaans 1933/1953 En Babel sal kliphope word, 'n lêplek van jakkalse, 'n voorwerp van verbasing en bespotting, sonder inwoner.
Afrikaans 1983 Babel sal 'n puinhoop word, 'n blyplek vir jakkalse, 'n verlate plek waaroor mense fluit van verbasing, 'n plek sonder inwoners.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Babel sal klipstapels word, 'n lêplek vir woestynjakkalse, 'n skrikbeeld en die rede vir 'n gefluit, sonder inwoners.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Babel sal 'n hoop klippe word, 'n plek waar jakkalse bly. Mense sal bang word en fluit oor Babel, daar sal niemand woon nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Babel sal ’n hoop bourommel word. Die jakkalse sal dit hulle lêplek maak. Mense wat die verskriklike toestand van die plek sien, sal van skok na hulle asem snak. Niemand sal meer daar bly nie.