Jeremiah 51:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek sal jou saak verdedig en vir jou wraak neem; en Ek sal sy see opdroog en sy fonteine laat droogmaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê vir Juda: “Ek sal julle saak behartig en namens julle wraak neem. Ek sal Babel se waters en fonteine laat opdroog.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek verdedig jou saak en sal vir jou wraak neem; en Ek sal sy see droogmaak en sy fontein laat opdroë.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Ek sal vir julle reg opkom, Ek sal Babel straf vir wat jou aangedoen is: Ek sal sy baie water laat opdroog, ook die plek waar die water vandaan kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so sê die Here: “Kyk, Ek gaan jou regstryd voer en jou wraak voltrek. Ek sal haar see drooglê en haar bron laat opdroog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sê die Here: “Kyk, Ek sal die mense straf oor wie julle kla, Ek sal Babel se baie water laat droog word, ook sy fontein sal droog word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê vir die mense van Juda: “Ek belowe dat Ek julle saak sal opneem. Ek sal ook sorg dat Babel betaal vir wat hulle aan julle gedoen het. Die mense van Babel is afhanklik van die Eufraatrivier en fonteine vir water om van te leef. Ek sal dit laat opdroog.