Jeremiah 51:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die geweld wat my en my vlees aangedoen is, is op Babel, sal die inwoners van Sion sê; en my bloed op die inwoners van Chaldéa, sal Jerusalem sê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Jerusalem sê: “Mag al die geweld wat ons moes deurgaan, na Babel terugkom.” Jerusalem sê: “Mag die Babiloniërs die skuld vir ons bloed betaal!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat die inwoners van Sion sê: Die geweld en die verminking wat my aangedoen is, is op Babel! En laat Jerusalem sê: My bloed is op die inwoners van Chald,a! |
| Afrikaans 1983 | Dié wat in Sion woon, sê: “Babel moet gestraf word vir die geweld wat ons aangedoen is, vir die verminking.” Jerusalem sê: “Die inwoners van Galdeërland moet gestraf word vir ons bloed wat vergiet is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag die geweld teen ons en ons bloedverwante rus op Babel!” sê die inwoners van Sion. “Mag my bloed rus op die inwoners van Galdeë!” sê Jerusalem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Sion sê: “Die Here moet die mense van Babel straf oor die dinge wat hulle aan ons gedoen het. Hulle het ons seergemaak, hulle het ons bloed laat vloei.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van Jerusalem sê: “Mag Babel terugbetaal word vir al die geweld wat ons moes deurgaan. Mag die skuld vir ons dood op die Babiloniërs afkom! Ons hoop hulle gaan swaar daarvoor betaal.” |