Jeremiah 51:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Die dogter van Babel is soos 'n dorsvloer, dit is tyd om haar te dors; nog 'n klein tydjie, en die tyd van haar oes kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Babel is soos ’n dorsvloer waar hulle koring trap. Binnekort sal Babel se oestyd aanbreek.”
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Die dogter van Babel is soos 'n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; nog 'n kort rukkie, dan kom die oestyd vir hom.
Afrikaans 1983 So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Babel is soos 'n dorsvloer, en die tyd is daar dat hy vasgestamp moet word; nog net 'n rukkie, dan is die tyd daar dat die graan op hom uitgedors word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, so sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Die dogter van Babel is soos 'n dorsvloer gereed om vasgetrap te word: Nog net 'n rukkie, dan breek die oestyd vir haar aan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Ja, Babel is soos 'n dorsvloer, die mense is gereed om die koring te trap. Oor 'n kort tydjie sal die vyande so op hulle trap.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is die God van Israel. Hy sê: “Babel is soos die plek waar die koring bewerk word. Die gebruik is om die koring met die voete te trap. Dit is wat met Babel gaan gebeur. Babel gaan soos koring geoes en vertrap word.”