Jeremiah 51:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dat die gange gestop en die riete met vuur verbrand het, en die krygsmanne verskrik is.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die ontsnaproetes is afgesny, die versterkings is aan die brand gesteek, en die soldate is lam van angs!
Afrikaans 1933/1953 en dat die driwwe beset is, en hulle die rietvleie met vuur verbrand het, en die krygsmanne verskrik is.
Afrikaans 1983 dat die brûe beset is, dat die riete langs die rivier brand en dat die soldate paniekbevange is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die driwwe is oorgeneem! Die biesies is aan die brand gesteek! Die krygsmanne is angsbevange!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het die vyande by die driwwe oorwin en hulle het die riete aan die brand gesteek. Die soldate van Babel is te bang om iets te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is ook nie meer wegkomkans nie, want al die ontsnaproetes oor die riviere is afgesny. Verder is die riete aan die brand gesteek. Die soldate van Babel is lam van angs.”