Jeremiah 51:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die helde van Babel het opgehou om te veg, hulle het in hulle vestings gebly; hulle mag het misluk; hulle het soos vroue geword; hulle het haar wonings verbrand; haar tralies is gebreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die soldate van Babel veg nie meer nie. Hulle sit nie ’n voet uit hulle versterkte skuilings nie. Hulle moed is gebreek, hulle is so bang soos vroue. Hulle huise is aan die brand, die stadshekke afgebreek.
Afrikaans 1933/1953 Die helde van Babel het opgehou om te veg, hulle het gebly in die bergvestings; hulle mag het verdwyn, hulle het vroue geword. Hulle het sy wonings aan die brand gesteek, sy grendels is verbreek.
Afrikaans 1983 Babel se soldate het opgehou veg, hulle sit in die vestings, hulle krag is weg, hulle is soos vrouens; sy woonhuise word afgebrand, sy sluitbalke word gebreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die helde van Babel het opgehou veg; hulle sit in die bergvestings. Hulle kragte is uitgeput; hulle het geword soos vroue. Haar wonings is aan die brand gesteek, haar sluitbalke is gebreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die soldate van Babel het opgehou veg, hulle bly agter die mure, hulle het swak geword, hulle is soos vroue. Die vyande het die huise van die stad aan die brand gesteek en hulle het die poorte oopgebreek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die situasie is maar beroerd! Die soldate van Babel baklei nie meer nie. Hulle sit nie ’n voet uit hulle versterkte skuilings nie. Hulle moed is gebreek, hulle het bang mense geword. Die huise in die stad is aan die brand en selfs die stadshekke is afgebreek.