Jeremiah 51:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die boogskutter sy boog span teen hom wat buig, en teen hom wat hom in sy bril verhef; en spaar haar jongmanne nie; vernietig al haar leër met die banvloek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie die boogskutters kans gee om hulle boë te span of hulle gevegsklere aan te trek nie. Moenie die jongmense spaar nie. Nee, roei die hele leër uit! |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat die skutter sy boog span teen hom wat span, en teen die een wat hom in sy pantser verhef; en spaar sy jongmanne nie, tref sy ganse leër met die banvloek! |
| Afrikaans 1983 | Moenie die boogskutters van Babel kans gee om hulle boë te span of hulle harnasse aan te trek nie! Moenie jammer wees vir sy jongmanne nie, roei sy hele leër uit! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die boogskutter moet nie sy boog kan span nie, nie in sy harnas orent kan kom nie. Moenie haar jong manne bejammer nie, tref haar hele leër met die banvloek! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die boogskutters van Babel moenie tyd kry om hulle pyle te skiet en hulle harnasse aan te trek nie. Die vyande moenie jammer wees vir die jongmanne van Babel nie, hulle moet al die soldate doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie die soldate van Babel kans gee om hulle gevegsklere aan te trek nie. Moet hulle ook nie kans gee om hulleself te verdedig nie. Niemand moet gespaar word nie, veral nie die jongmense nie. Nee, die hele leër moet uitgeroei word. |