Jeremiah 51:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die land sal bewe en treur, want elke voorneme van die HERE sal teen Babel uitgevoer word, om die land Babel 'n woesteny te maak sonder inwoner. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die land bewe en krul, want die plan van die Here staan vas teen Babel: Hy maak Babel ’n verlate plek — niemand sal daar bly nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan bewe die aarde en krimp inmekaar; want die gedagtes van die HERE kom tot stand teen Babel, om die land van Babel 'n woesteny te maak, sonder inwoner. |
| Afrikaans 1983 | Die land skud en bewe, want wat die Here teen Babel besluit het, staan vas: om die gebied van Babel 'n verlate plek te maak, sonder inwoners. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die aarde skud en krimp ineen, want die planne van die Here teen Babel word uitgevoer – om die land Babilonië 'n woesteny te maak, sonder inwoners. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die land Babel skud en bewe, want die dinge wat die Here besluit het, sal gebeur. Hy het besluit dat Babel 'n leë plek sal word, 'n plek waar nie mense woon nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Die land skud en bewe van pyn en swaarkry, want Ek, die Here, is besig om te doen wat Ek teen Babel beplan het. Ek sal Babel ’n verlate plek maak waar niemand meer sal bly nie. |